Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 6 sur 6

Die Phillips metode om op te hou rook
Par Phillips Jones, Gwendoline Louw. 2017
Die PHILLIPS metode om op te hou rook is ‘n eenvoudige dog effektiewe metode om op te hou rook. Dit…
bevat ‘n reeks tegnieke en prosesse wat enigeen kan aanleer, en wat jou sal leer hoe om jou brein te programmeer sodat jy heeltemal ontslae kan raak van jou rookgewoonte. Deur hierdie boek te lees, en die aanbevelings dan te volg, sal jy nie net in staat wees om op te hou rook nie, maar jy sal ook leer hoe om enige doelwitte wat jy van nou af vir jouself stel, te bereik. Dis nie net ‘n resep om die rookgewoonte te los nie, maar ook ‘n verduideliking van hoe die brein werk, en hoe om dit te programmeer volgens jou begeertes en benodigdhede. Dit is propvol maklike, eenvoudige oefeninge wat jou sal help om jouself meer en beter te leer ken, sowel as om jou selfbeeld en eiewaarde te versterk. Hierdie boek lees lekker maklik, en nie net sal jy leer hoe om op te hou rook nie, maar die staaltjies en grappies hierin sal jou vele genot verskaf.
Homoseksualiteit: Die Okkulte, Gesondheid en Sielkundige Dimensies.
Par Gabriël Agbo. 2020
Is homoseksualiteit goed of boos? Wat is die oorsprong van hierdie seksuele voorkeur en die implikasie op die samelewing? Was…
dit die oorspronklike plan van God (natuur)? Wie is eintlik daaragter en vir watter doel? Is die homoseksuele en lesbiese werklik deur onsigbare magte gelok en vasgevang. En wat sal die effek op die huidige en komende generasies wees? Wat is die seining van die Christendom, Islam, traditionele geloof, ens. aangaande hierdie saak? Hoe gevaarlik is anale- en orale seks – enige gesondheids risiko’s? Kan die resultaat hiervan anale en orale kankersoorte en verskeie ander infeksies wees? Is homoseksualiteit ’n okkultiese praktyk? Al hierdie vrae en meer is wat ons gaan probeer antwoorde voor aanbied in hierdie boek. Selfde-geslag verhoudings is eintlik nie nuut tot die mensdom nie, maar is nou al vir ‘’n geruime tyd in die globale bewussyn, veral vir die systematiese goedgeuring wat deur westerse leiers daaraan gegee word onder die vaandel van menseregte, homoseksuele regte, minderheidsregte, koalisie bewegings, ens. In werklikheid preek sommige leiers en hulle marionette organisasies dit nie net nie, maar hulle boelie ander nasies om dit te aanvaar en te bevorder. Hulle beloof hulp, toelaes en ander ontwikkelende hulp as kompensasie. Waarom is hulle so behep daarmee en wie se agenda is dit? In hierdie werk sal ons probeer om ’n baie objektiewe bespreking in die volgende elektrifiserende, illuminerende en insiggewende sewe hoofstukke opsom te som: Die Homoseksuele Rebellie, In die Begin, Die Okkulte Dimensie, Die Gesondheidsimplikasie, Die Sielkundige Uitwerkings, Die Vermydende Gevolge en Wat Moet Ons Doen? Hierdie is waarlik informatiewe besprekings, feite wat jou sal help om ’n ingeligte besluit te neem of jy by homoseksualiteit betrokke moet raak of nie. Die besluit sal uitsluitlik joune wees!
Dankie God vir Sy Engele Wat Oor Jou Waak
Par Bernard Levine. 2020
As jy smag om naby Jesus te wees As jy die teenwoordigheid van God kon voel As jy die diepte…
van Sy liefde kon waarneem En Sy ewige goedheid kon herken ... Sal jy begin besef hoe kosbaar jy vir God is. Hy is altyd daar vir jou maak nie saak wat mag wees God sal altyd by jou staan met 'n eindelose liefde
Het jy gehoor daar gaan pryse in die hemel uitgehandig word?
Par Bernard Levine. 2020
As God al die glorie wat op ons wag aan ons bekend moet maak, sal dit ons verstand te bowe…
gaan. Watter pryse sal jy in die hemel ontvang? Gaan jy 'n prys ontvang? As jy die Here Jesus getrou gedien het, sal hierdie 'n tyd van groot lofprysing wees omdat jy wonderlike belonings sal ontvang.
Die Krag van Opoffering
Par Gabriel Agbo, Leonie van der Wath. 2018
Opofferinge is kragtig. Baie Kragtig! Die rykste man, die sterkste man, die mees geseënde mans en vroue, die verstandigste, die…
grootse koning, en die magtigste profete was almal manne en vroue van opoffering. Hulle het hulle alles gegee en het gewaagd opgetree vir hulle mense, mensliewenheid en vir God om hulle verpligtinge en doelwitte te bereik sodat almal in ewigheid op hulle trots kon wees. Wil jy hulle geheim weet? Goed. As jy wil uitblink moet jy eers ‘n man/vrou van opoffering word. Alles is moonlik vir dié wat die prys kan betaal. Dié boek bevat die volgende hoofstukke – Die Krag van Opoffering, Offer Jou Enigste, Ek Reis deur Egipte, Ek Sal Die Prys Betaal, Volg My! Ons Het Vir Jou Gekom, Ek Sal Jou Bewaar, Berei Daardie Laaste Ete Voor, Die Krag Om Te Bewaar, Loof, Vas en Gebed. Ons bespreek nie net die groot opofferings van noemenswaardige mans en vroue uit die Bybel nie en hoe hulle optrede hulle belangrik gemaak het nie maar ons bespreek ook mense soos Yonatan Yoni Netanyanhu van Israel. Hy is die jong Israeli wat die komando eenheid gelei het om die Joodse gyselaars te red by Entebbe lughawe toe hul vliegtuig in 1976 gekaap is en in Uganda moes land. Ons kyk ook na militêre helde – soos die “SEALs” en “Delta Force. Hierdie mans gee voordurend hulle allerbeste om ander te beskerm en om die mensdom te red. Hulle offer hul lewens op om ander te beveilig. Jesus het gesê groter opoffering is daar nie, dan iemand wat sy lewe vir ‘n ander gee. Ons bring hulde aan hulle! Hulle leer ons wat opoffering behoort te wees. Jesus het juis gevra, wat se opoffering kan groter wees as wat iemand sy lewe vir sy vriende gee? Ons prys hulle vir hulle dapperheid en uitmuntende patriotisme. Hier sal ons leer van opofferings van geloof, goedheid, patriotisme, gebed, vas en loof. Wanneer jy meer doen as wat van jou verwag word, is daar onmiddelik ‘n onsigbare bonatuurlike mag wat reageer en na jou toe haas.
Ontvang Jou Wonderwerk
Par Petro Ebersöhn, Bernard Levine. 2017
Hierdie is 'n opwindende boek wat jou sal inspireer namate jy die geheim tot die lewe, geluk en sukses ontdek.…
Wees getrou aan jouself en volg jou hart. Laat die wonderwerke wat jy so graag wil hê moet gebeur, jou lewe vul!