Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 17 sur 17

Sing Ons Nou Van Kersfees
Par Petro Ebersohn, Michael D Young. 2014
Kersliedere gee die gees van Kersfees weer soos niks anders kan nie, en Sing ons nou van Kersfees gee lewe…
aan geliefde Kersliedere soos nog nooit tevore nie.Stap in die voetspore van die goeie koning Wenceslas. Ervaar van nuuts af die klokke op Kersdag. Reis saam met 'n soldaat wat sy stem verloor het, wanneer hy deel word van die wonderwerk van Stille Nag. Ervaar al hierdie, en nog meer, in die innige, onderhoudende verhale wat bygedra is deur 'n groep skrywers vanoor die hele V.S.A., wat saamgespan het vir 'n goeie doel.*Die versameling, wat 25 verhaaltjies bevat, een vir elke dag tot en met Kersdag, staan op die punt om 'n nuwe Kerstradisie vir jou en jou gesin te begin!* Alle inkomste uit die verkope van die boek word geskenk aan die nasionale Downsindroomvereniging van die V.S.A.
Ek bly by jou
Par Edward Hendriks, Adri De Necker. 2017
Pappa en mamma het lank daaroor getwyfel oor of ons op vakansie moet gaan. En nog langer getwyfel oor of…
ons wel na dieselfde kamppeer terrein moet gaan. Al die herinneringe… Maar nou die vreeslike dag amper ‘n jaar terug, wil weer ons lewens kom omhels. Dit tel op waar ons dit die afgelope herfs agtergelaat het. Ek probeer om die lekker dinge in die gees te sien, maar dan begin die kol op my maag weer rond speel. Al die dinge wat ek en my sussie gedoen het. En al die dinge wat on snog moes doen, maar nou nooit sal doen nie.
Die Rook wat Donder
Par Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 2016
Piet en Peggy, saam met hulle baba dogter, Heather, staan op die punt om 'n gas te kry by hulle…
safarikamp huis ... Die versorging van hulle vriende se dogter vir 'n paar dae sal maklik wees. Piet, die grof en harde safari eienaar, het Oom Piet geword vir die klein Debi van die dag af wat hy haar veilig uit die wrak van die vliegtuig gebring het waarin haar ouers verongeluk het. Terwyl die donderweer rol oor die Afrika hemelruim, en 'n waarskuwing stuur aan diegene wat sou omgee om ag te slaan op die magtige Zambezirivier wat vorentoe beweeg soos 'n stootskraper, met niks om dit terug te hou nie ... Kan Piet die kind red van die woedende waters van die magtige Zambezi voordat sy oor die valle stort met die tuimelende waters en bose rotse onder?
In Die Duisternis
Par Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 2016
Piet van Zyl stap in die donker van sy gedagtes in toe 'n gewelddadige hou teen die agterkant van sy…
kop veroorsaak dat hy aan geheueverlies ly. Hy word vir dood agtergelaat, in die wildernis van die Zambezi-vallei, die huis van die Groot Vyf, ongewapen en sonder om te weet wie hy is of waar hy vandaan kom. Die soektog is aan vir die fris Suid-Afrikaner, een is 'n soek en red, die ander 'n soek en vernietig. Wie sal Piet eerste kry ... sal hy die wildernis van Afrika kan oorleef, die land wat hy liefhet, of sal dit hom vernietig.
Bloed Demoon: Wraak
Par Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 1957
Een man met 'n begeerte van wraak wat hom verblind, en wat aan die einde sy ondergang is, as hy…
sy demoon ontsluit om te loop en te jag onder die Afrika maan, Suiwer boosheid, wat loop in die Afrika-bos. 'n Onheil wat verslind - opgeroep uit die duisternis van die hel in 'n ritueel wat vlees en bloed behels het ... Piet van Zyl bevind homself aan die ontvang kant van waansin as hy gekonfronteer word met die Bloed Demoon wat die lewens bedreig van diegene waarvoor hy die liefste is.
Die Duiwel in Eden
Par Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 2016
Wanneer die Afrika nag op sy donkerste is, jag hy juis die mense wat hom jag. Piet van Zyl, safari…
jagter, moet sy vrou, Peggy verlaat, alleen op hulle kleinhoewe. Hy moet 'n moordenaar wat skuil in die skadu konfronteer, wat die duiwel genoem word deur die vreesbevange mense waarop dit jag. 'n Vinnige pas aangee riller wat jou op jag sal neem vir 'n mensvreter, en jou die nag inlei van waar jy dalk nie kan terugkeer nie.
Bloed Spoor in die Donker
Par Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 2016
Moderne Afrika ... met antieke oortuigings. Saam met vrees, kom krag. Reis diep in die Kongo-Delta saam met Piet van…
Zyl, safari jagter, en Veronica Strydom, Afrikaanse kultuur deskundige, soos wat hulle dieper ingetrek word in die web van bygelowe en vrees. Hulle kom van aangesig tot aangesig met die geheime sekte wat na vore kom uit die donker verlede en nou in die nag loop. Ervaar die bygelowe, rituele, en toordery van die moordenaars bekend as Die Luiperd Mans, want die geskiedenis herhaal homself in 'n orgie van rituele moorde en bloed wellus.
Geagte Skrywer
Par Matthew W. Grant, Petro Ebersohn. 2014
Wees 'n getuie van hoe James Walek tot raserny gedryf word wanneer hy as gevolg van 'n huwelik wat besig…
is om op die rotse te loop en 'n skryfloopbaan wat tot stilstand gekom het, deur een te veel van daardie beledigende "Geagte Skrywer"-briewe van afkeur van 'n uitgewer, oor die rand van wanhoop gestoot word.
Iemand red my lewe vanaand - 'n Justice Sekuriteit kortverhaal (Justice Sekuriteit 2 #2)
Par T M Bilderback. 2018
‘n Dreigende brand noop ‘n sekuriteitswag om te kies om óf homself óf ‘n vyfjarige kind te red. Hulle staan…
bekend as die “troepe” – die beamptes in uniform van Justice Sekuriteit. Hulle het nie die gemaklike, hoogs gepubliseerde poste wat die ander personeellede, in gewone kleredrag het nie – hulle is die mense wat in die agtergrond daagliks gesien kan word by banke, kantoorgeboue, en kleinhandelbesighede, waar hulle ‘n veilige omgewing vir kliënte en werkers skep. Gus Brazzle is een van daardie troepe. Hy is aangestel by ‘n winkel wat handel in tweedehandse boeke, musiek en flieks. Gus is omtrent aangeheg aan die personeel van die winkel, en dink aan hulle as sy familie. Hy het selfs die bynaam “Teddiebeer” gekry, van die vyfjarige dogter van een van die winkel se personeel. Maar, wanneer ‘n ontevrede kliënt, wat voel hy is te na gekom, besluit om wraak te neem, word dinge dodelik. Gus het ‘n keuse om te maak … maar sal hy dit betyds kan maak?
'n Amerikaner in Rome
Par Claudio Ruggeri. 2019
Die lewe is gemaak vir ontmoetings, in hierdie boek word daar van een so ontmoeting vertel. Dit is 'n eenvoudige…
storie, een wat tydens 'n somermiddag oor die tafels van 'n kroeg gehoor kan word
Fluistering in die Wind
Par Paul Zunckel. 2020
Boekbeskrywing: Stap in die bose wêreld van mensehandel, waar korrupte amptenare, werkloosheid, armoede,gierigheid en mag 'n rol speel. 'n Gesin…
word deur ontvoering uitmekaar geskeur. 'n Kind wat in die middel van die nag gesteel word, 'n ma wat in slawerny ontvoer en verkoop is, en die wêreld van sekshandel. Die soektog na die kind en vrou verskuif van die oewer van die magtige Zambezi tot diep in die Afrika-bos, na die onderwêreld van Johannesburg, Suid-Afrika.
Esmeralda Grunch en die Rooi Tulp
Par Debbie Manber Kupfer. 2020
Esmeralda Grunch is 'n baie haal blomme fee. Sy woon in 'n tulp van die helderste rooi. As Esmeralda wegvlieg…
vir die dag, is Tulip hartseer. Wanneer sal sy terugkeer? 'N Verhaal van vriendskap vir die jongste leser.
Mamma Het Gesê Bly Tuis!: ‘n Justice Sekuriteit Roman
Par T. M. Bilderback. 2020
Joey Justice, Misty Wilhite, Dexter Beck en Percival “King Louie” Washington. Vier mense – vriende en vennote van kollege dae…
af – wat die grootste sekuriteit firma in die stad beheer ... Justice Sekuriteit. Geïnspireer deur die trefferlied gesing deur Three Dog Night, stel hierdie storie die avonture van ‘n nie-so-heeltemal-by-die-boek sekuriteit firma voor. Hulle word gehuur deur ‘n promotor van ‘n honde skou, maar die werk lyk baie groter en gevaarliker as wat verwag is. Hulle word gehuur om sekuriteit te verskaf by die Swaargewig Boks Kampioenskap, wat uitdraai as die enigste kampioenskap in die wêreld sonder ‘n uitdager, danksy die humeur van een van die Justice Sekuriteit vennote. Hulle word deur die ouers van twee onskuldige tieners gehuur om uit te vind hoekom die tieners genadeloos plat geskiet word en terwyl hulle ondersoek instel, sweer hulle per ongeluk vyandskap met die magtige leier van ‘n Meksikaanse dwelm kartel. Bygestaan deur die FBI skakelbeampte, Marcus Moore, neem hierdie onverskrokke mense die avontuur teuels en ry die misterie tot by die finale eindpunt ... en hulle lewens sal nooit weer dieselfde wees nie!
Tien lukrake en baie kort kortverhale: No subtitle
Par Martin Lundqvist. 2020
Beskrywing van die bundel: Die bundel bevat tien lukrake kortverhale. Van die kortverhale is snaaks, ander is afgryslik, maar die…
meeste van die kortverhale is bloot vreemd. Die bundel bevat die volgende kortverhale: 100 Tinder Dates Moord op die Ghan ‘n Sprokies-troue ‘n Hoëvlak-tenniswedstryd! Nuuskierigheid het die kat gered Geldwassery in die wassery Die soeke na die sluier van Pachamama Die eerste menslike kloon Die Burgemeester van Mayonnaise landgoed Onheil in die biblioteek
Afvoer
Par Edward Hendriks, Adri De Necker. 2017
Moeg en teleurgesteld oor die lewe probeer Janne om in die bad te ontspan Een-en-veertig jaar Wonend in…
n klein woonstelletjie Verlate deur haar vrien Die bliksem Haar bene is slap daar is te veel grys in haar hare Om nie van die plooi op haar gesig te praat nie Te oud om nog kinders te kon h Wat als gegee sou word om die horlosie te kon terug draai Om die lewe n ander wending te laan neem Soms net soms kom wense waar Sien jy die stortputjie waardeur die water in die afvoer kolk Konsentreer jy op die beweging van die water Gee jouself voor en laat jouself meevoer na die badkamers van jou verlede Maar pasop vir wat jy doen Jou keuses kan verreikende gevolge h
Bloed Maan Oor Afrika
Par Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 2016
Afrika, 'n plek waar bygeloof en toordery diep loop, 'n plek van skoonheid, maar waar die dood in die skadu…
skuil. 'n Land gehul in misterie met antieke oortuigings wat prut net onder die oppervlak - gestel om te bots op 'n pad met moderne Westerse idees. 'n Onskuldige daad ontsluit 'n gruwel wat in die Afrika-nag loop ... onder die volmaan ... en niks is veilig. Piet van Zyl, safari eienaar, bevind homself ingetrek word in 'n wêreld van waarsêery, en kom van aangesig tot aangesig met 'n riller wat teruggekeer uit die graf. Met die ondersteuning van Veronica Strydom, en haar uitgebreide kennis van Afrika-kultuur, moet hy die nag bevry van die gruwel, of sterf deur te probeer.
Projek Apex
Par Elaine, Michael Bray. 2017
Wat as die mens se eerste kennis die resultate van sy eie verwoesting beteken? Van die beste verkoper van die…
Whisper Trilogy kom die nuwe boek. Richard Draven is 'n wetenskaplike wat geintreseerd is in die helende einskappe van spesies en die oordrag aan die mensdom. toe hy 'n nuwe aapspesie ontdek met regenerasie vermoeë, het hy geen idee wat se kettingreaksie sy verslag tot gevolg sou hê nie. ses jaar later, is Draven se navorsing in die praktyk gebruik.Die regering het 'n virus gemaak wat op die mens gebruik is. Sy funksie- om die weermag sterker, vinniger en beter te maak om die konflik globaal te verbeter. iets was egter nie pluis nie. verskeie verslae en getoon dat die virus 'n snaakse uitwerking op die mense het wat daaraan bloodgestel is, en het die mense in beheer baie senuweeagtig gemaak. Soos die Apex groep kontak verbreek en nie meer bevele gehoorsaam nie, en die regering onraad vermoed. Joshua Cook was die alpha, die eerste wat aan die virus bloodgestel is en suksesvol gebind het. Joshua was moeg vir die mensdom, moeg vir hulle vernietigende natuur. Hy het 'n plan, een om die bord skoon te maak en die minder gegoede inwoners van die aarde te vee, en dan te vervang met sy eie volk. Soos die diepte van Joshua aan die regering duidelik raak is hulle genoodsaak om hulle tot Richard Draven te wend om 'n mannier te kry om Joshua se groeiende weermag te stuit voor hy die mensdom van die aarde kan uitwis. In die tradisie van skrywers soos Micheal Crichon, Joe Hart en James Patterson, is Projek Apex 'n spanningsvolle, globale riller, wat plaas vind oor verskeie lande met gevlegte tydlynne, van die regeringstaat Washington, tot die gopse van Mumbai en die brandende hitte van die Irakkiese woestyn, Projek Apex bied kleurvolle kerakters, met hulle eie motivering en hoofreded wat 'n storie vertel van menslike konflik wat tydens 'n globale gebeurtenis terugval na die primitiewe wat onderdruk was deur gemeenskap sos die wêreld om hulle verkrummel